Bring asseblief jou eie handdoeke (strand- en badhanddoeke)
Geen Troeteldiere (maak nie saak hoe klein of groot nie)
Rook binne die huis is verbode
Geen meubels mag rond geskuif word sonder die eienaar se toestemming nie
Geen ekstra oornag gaste word toegelaat sonder die eienaar se toestemming nie (gewoonlik R300 - R500 per persoon per nag)
Geen vure direk onder die skadunet nie
Geen komberse, matrasse, kussings of ander beddegoed mag uit die huis na buite geneem word nie (gebruik asb jou eie kombers as jy buite daarop wil sit of by die vuur wil gebruik)
Moet asb. nie kaste wat gesluit is, of as PRIVAAT gemerk is, probeer oopmaak nie
Die Android TV het Netflix, Showmax, Prime, YouTube en Disney+ (gebruik jou eie DSTV login details as jy DSTV wil kyk). Moet asb. geen ander Apps op die TV installeer sonder die eienaar se toestemming nie
Daar is 'n R1,500 breekskade deposito betaalbaar (wat binne 3 dae terug betaal as word as niks gebreek is nie of as die huis nie besonder vuil gelos word nie - soos vuil skottelgoed ens.)